Maak of breek vir Stars

Deur Schalk le Roux
DIT is die naweek maak of breek vir die Union Stars se SWD Premierligaspan wat die verdedigende kampioene in die liga is.

Union Stars, wat tans met 62 punte tweede op die punteleer van die liga is, speel Saterdag op die Bridgton Sportgronde teen NMU Madibaz George, wat met 45 punte derde op die punteleer lê.

Die span wat dié uitspeelwedstryd wen, kom Sondag op die Rec op Oudtshoorn in die eindstryd van die Premierliga te staan teen George wat met 64 punte boaan die punte van die liga geëindig het.

• Riversdale en Thembalethu meet Saterdag op die Rec kragte in die eindstryd van die SWD Promosieliga.

Die wenner van die Promosieliga speel later vandeesmaand in ’n rondomtaliereeks teen die drie spanne wat laaste in die Premierliga geëindig het, naamlik Pacaltsdorp United (10de), Western Hope (9de) en Mosselbaai (8ste). Die wenner van dié rondomtalie sal deurdring na 2019/20 se Premierliga waaraan voortaan net agt spanne gaan deelneem.

Log in with your credentials

Forgot your details?