Ma en seun presteer met geweer

Junita en Leras van Zyl. (Foto verskaf.)

Junita en Leras van Zyl. (Foto verskaf.)

TWEE Oudtshooniete, Junita van Zyl en haar seun Leras, het op Vrydag, 11 Mei, uitstekend gevaar by die SA Ope Jaggeweerskiet op Volksrust, Mpumalanga.

Junita het die goue medalje losgeskiet in die Top 20 Vroue-afdeling. Op sy beurt het Leras ’n silwermedalje gewen in die Top 20 Junior-afdeling.

Junita het ook deelgeneem aan die gemengde Top 50-afdeling en 32ste plek behaal.

Sy is die enigste vrou op die Top 50-ranglys.

Junita en Leras gaan albei in Julie vanjaar aandie internasionale jaggeweerskietkampioenskap in Bloemfontein deelneem.

“Behalwe dat ons twee dae lank na Volksrust gery het, het die twee dae se skietery ons uithouvermoë behoorlik getoets.

“Maar ons is reeds weer besig om voor te berei vir Julie se byeenkoms in Bloemfontein. Ons sien vreeslik daarna uit en kan nie wag nie,” sê Junita.

Be the first to comment on "Ma en seun presteer met geweer"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*