Louis jr wen

Coen Basson (links agter) van Sanlam saam met die wenners in die onderskeie afdelings van Sanlam en Cansa se gholfdag. Voor van links is Miemie Maritz (vroue-afdeling), Pam Haig (vroue-afdeling), Stef Nel (vroue-afdeling), Coe­nie Coetze (afd B) en Sheldon Booysen (afd C) en agter van naaslinks: Matthew Wilken (afd B) en Louis Fourie (afd A).  Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Louis Fourie jr het afd A van die San-lam/Cansa Gholfdag Saterdag op die Oudtshoorn Gholfbaan met ’n telling van 40 punte gewen. Reinhardt van Coller, ook met 40 punte, was tweede in dié afdeling.

Die gholfdag, ’n individuele stableford, is in vier afdelings beslis, naamlik afd A, B, C en ’n vroue-afdeling, en het altesame 69 spelers gelok.

Matthew Wilken (43 punte) het afd B gewen met Coenie Coetzee, ook met 43, op ’n uittel tweede.
Sheldon Booysen (38) het afd C gewen met Jannie Booysen (35) tweede.

Die vroue-afdeling is gewen deur Stef Nel met 34 punte. Pam Haig en Miemie Maritz, albei met 33, was op ’n uittel tweede en derde.

Die opbrengs van die dag word volgens Coen Basson van Sanlam op Oudtshoorn aangewend vir kankernavorsing en die bestryding van dié gevreesde siekte.

Log in with your credentials

Forgot your details?