Louis Fourie wen houespel

Louis Fourie (regs) wat afd A van die maandelikse houespel gewen het. Salie Oosthuizen (middel) het afd B gewen en Jurie Neethling (links) afdeling C. (Foto verskaf.)

Deur Higgo Jacobs
Louis Fourie jr het Saterdag afd A van die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse houespel met ’n telling van 66 gewen. William Malgas (70) was die naaswenner.

Salie Oosthuizen het afd B gewen met 78 houe. In afd C was Jurie Neethling die wenner met 71 houe en WM Badenhorst (74) die naaswenner.

Neethling het die boerpot gewen, naaste aan die pen op die 8ste putjie geslaan en ook ’n spogtwee hier ge-slaan. Fourie het op die 12de ’n spogtwee behaal.

Log in with your credentials

Forgot your details?