Louis blink uit in tennis

Die 14-jarige Louis Uys in aksie.

Deur Garnett Wicomb
DIE 14-jarige Louis Uys was Vrydag die uitblinker in die Wesbank Tennisklub se wedstryd in die eersteliga van die Eden Tennisvereniging teen die span van die Nelson Mandela Universiteit.

Die wedstryd het op die Wesbank Tennisklub se bane plaasgevind.

Die belowende Louis het in sy enkelspelwedstryd vir Hannes Beyleveld met 6-1, 6-0 gestoomroller.

Daarna het hy saam met sy dubbelsmaat, Phillip Nel, in die dubbelspel teen James Anderson en Beyleveld ook net ’n enkele spel afgestaan in hul oorwinning van 6-0, 6-1.

Wesbank Tennisklub se span het met 3-2 gewen.

Ander uitslae:
Jacques de Beer verloor teen Stef van Heerden 1-6, 0-6; Nel en Dirk Potgieter klop Anderson en JP Barnard 6-0, 6-1; en De Beer en Potgieter verloor teen Barnard en Van Heerden (wedstryd prysgegee).

Log in with your credentials

Forgot your details?