Lollies, Chloé is 2019 kampioene

Lollies van Rensburg (middel voor), is verlede Woensdag (1 Mei) as die klubkampioen van die Oudtshoorn Gholfklub gekroon en Chloé Malgas-Kelpin (naaslinks) as vrouekampioen. Saam met hulle is van links Paul Stroebel, klubkaptein, Godfrey Malgas, president van die klub, Winston Coerecius, seniorkampioen, Ockie Horowitz, wenner van afd B, en Chris Groenewald, wenner van afd C. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se kampioen vir 2019 is Lollies van Rensburg nadat hy verlede Woensdag (1 Mei) ’n brutotelling van 149 houe oor 36 putjies geslaan het.

Dit was een hou beter as as die naaswenner Louis Fourie jr wat met 150 houe geëindig het. Pietre Pretorius was derde met 152 houe.

Chloé Malgas-Kelpin was die wenner in die vroue-afdeling. Haar brutotelling oor 36 putjies was 166.
Ockie Horowitz was met 166 houe die wenner van afd B en Ian Laubscher met 173 houe die naaswenner.

Chris Groenewald het afd C met ’n telling van 181 gewen.

In die afdeling vir seniors was Winston Coerecius baas met ’n telling van 83 houe oor 18 putjies. Higgo Jacobs was die naaswenner met 90 houe.

Log in with your credentials

Forgot your details?