Llewellyn wen houespel

Die wenners van Saterdag se maandelikse houespel is van naaslinks Llewellyn Rheeder (wenner), Pieter du Plessis (wenner afd B) en Jurie Neethling (wenner afd C). By hulle is Paul Stroebel, klubkaptein.

Deur Higgo Jacobs
Llewellyn Rheeder het Saterdag die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse houespel met ’n netto-telling van 67 houe gewen. Sy brutto-telling was 68 houe (34 en 34).

In afd B was Pieter du Plessis die wenner met 69 houe en Terry van Coller die naaswenner met 72 houe.
Jurie Neethling het afd C met 71 houe gewen en Billy Capel was met 73 houe die naaswenner.

Wanda Uys het die vroue-afdeling met 77 houe gewen, met Ronel West-raadt tweede met 79 houe.
Rheeder (67) was die algehele wenner, Chris Odendaal (68) die naaswenner en Du Plessis (69) derde.

Piet Swanepoel het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan. Die boerpot is gedeel deur Rheeder, Du Plessis en Gernes Claassen.

Rheeder en Ian Laubscher het elk ’n spogtwee op die 3de ge­slaan, Clement Rex en Marius Wilken op die 8ste en Odendaal op die 12de.

Log in with your credentials

Forgot your details?