Langenhoven Gimnasium se eerste krieketspan klop Struisies in ’n T-20 wedstryd

Langenhoven Gimnasium se eerste krieketspan het die Struisies Woensdag, 30 Januarie, met 97 lopies in ’n T20-wedstryd gewen. Gimmies, wat eerste gekolf het, het 169/6 in die toegelate 20 boulbeurte op die telbord geplaas. Vir Gimmies het Jhedli van Briesies (65 lopies) en Johann Muller (50 lopies) die beste gekolf. Gimmies het daarna die Struisies vir 72 lopies uitgeboul. Gimmies se topboulers was Arthur Muller (4/5) en Godroy Overberg (3/5).

Log in with your credentials

Forgot your details?