Laaste ronde van SWD Premierliga

Deur Higgo Jacobs
Union Stars van Oudtshoorn, wat reeds sy plek in die einderonde van die SWD Premierliga verseker het, speel Saterdag op Bridgton Sportterrein in die laaste rontomta­lieronde van die liga teen George.

Union Stars het sy posisie bo-aan die ligapunteleer met 75 punte verseker nadat hy in sy vorige wed-stryd Mosselbaai geklop het.

Stars het die huidige seisoen 15 van sy 17 wedstryde gewen.

George is tans tweede op die punteleer met 60 punte, Mosselbaai derde met 50 punte en Pacaltsdorp United vierde met 42 punte.

• Die B-span van Stars gaan Saterdag sake op die Rec op Oudtshoorn teen George uitspook om te bepaal wie vanjaar die reserweliga-kroon gaan dra.

Harlequins Magte van Oudtshoorn wat tans sesde op die punteleer is met 33 punte, speel Sondag op sy tuisveld teen Mosselbaai.

Log in with your credentials

Forgot your details?