
Tony Cleopas (links) en Johan Coetzer met die medaljes wat hulle Saterdag tydens die meestersatletiekbyeenkoms gewen het. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
DIE versengende hittegolf wat Oudtshoorn die die naweek getref het, het Saterdag ook sy tol op die atletiekbaan geëis toe die Meesters-atletiekbyeenkoms in die De Jagerstadion net ná 13:30 afgelas is weens die ondraaglike hitte.
Volgens Toy Ungerer, meesters-atleet van Oudtshoorn, het die kwik net ná 13:00 op die baan tot 46 grade C gestyg. Die organiseerders het gevolglik vir die veiligheid van die atlete die res van die program afgelas. Twee van die beamptes moes toe al vir hitte-uitputting behandel word.
Oudtshoorn-atlete wat presteer het, is Tony Cleopas wat die silwermedalje in die 5000 m in ’n tyd van 20:41:00 gewen het, en Johan Coetzer wat goud in die 100 m en 400 m losgehardloop het.