Kuun draf voor

Francois Verwey wat Saterdag sy 50ste Parkrun voltooi het.
Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
WILHELM KUUN was Saterdag in ’n tyd van 19 min 12 sek eerste oor die eindstreep van die 207de Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed terwyl Bianca van der Westhuizen in 23 min 57 sek die eerste vrou oor die eindpunt was.

Onder die mansatlete was die junior atleet Jared Jordaan (19:45) tweede en Greens Groenewald (20:11) derde.

Francois Verwey (23:17) het met sy 50ste deelname aan Parkun by Klub 50 aange­sluit.

Altesame 96 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.

Nog atelete wat Saterdag goeie tye aangeteken het, is Pa-trick Peters (20:23), Patrick Rawlins (21:12), Louis van der Walt (21:32), Thys Jamneck (22:53), Francois Goo-sen (23:24). Henry Car-stens (23:35) Bianca van der Westhuizen (23:57), Newald Groenewald (23:58), Hans Lareman (23:53), Wilhelm du Plessis (24:05), Milane Kuun (24:12), Albertus Kennedy (24:-49), Shaun Kock (25:-20), Ulrich Swart (25:- 20), Carina Burger (25:- 26) en Brian Daniels (27:15).