Kunstefees-gholf lok 74 spelers

Die wenners van die geborgde gholfdag tydens die KKNK was William Phillipus (middel) en André Plaatjies (naasregs). By hulle staan van links Jurie Neethling, onderkaptein, Pieter Strauss, bestuurslid van die klub, en Skillie Pretorius van Oudtshoorn Spar, een van die borge.  Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
ALTESAME 74 spelers het op die Saterdag van die onlangse KKNK deelgeneem aan ’n 4BBB-stablefordkompetisie op die Oudtshoorn Gholfbaan.

William Phillipus en André Plaatjies was met 50 punte die wenners van die dag.
Terrence Raath en Ray Mitchell was die naaswenners met 47 punte.

Rudi Mortlock en Kobus Bredenkamp (46) was derde, Anton Kock en Jurgens Burger (45) vierde en Noel Dryer en S Booysen (44) vyfde.

Verskillende interessante pryse was ook te wen.

Die naaste aan die pen vir twee houe is op die 2de putjie deur R van der Mescht gewen en op die 18de deur Louis Fourie.

FJ Pretorius het op die 3de sowel as die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan. Colin Swigelaar het dit op die 12de gedoen en Chris Odendaal op die 15de.

Die langste dryf op die 7de putjie het aan Phillipus behoort en op die 13de het Fourie die verste gedryf.

Daar is ook ver­skeie spogtwees aange­teken: Mitchell (12de), C Esterhuyse (12de), Jako­bus Arries (12de), Ro­nel Cornelissen (12de), Pretorius (8ste) en Pie­ter Strauss (8ste).

Die dag is deur Oudts­hoorn Spar, Van Loveren en Karusa geborg.

Log in with your credentials

Forgot your details?