Krieketfees op Plate

Deur Schalk le Roux
’N FEES van krieket vind Saterdag en Sondag op die Bridgton Sportgronde plaas.

George Krieketklub, wat die seisoen se SWD T20-liga gewen het, speel Saterdag van 09:30 af op die Plate teen Vredenburg Saldanha, wat die Boland T20-liga gewen het. Vredenburg Saldanha speel daarna (vanaf 14:30) teen Durbanville wat die WP-liga gewen het.

George speel Sondag van 09:30 teen Durbanville.

Die drie spanne ding mee om ’n plek in Krieket SA se Momentum Gemeenskapsbeker waar die wenner die Wes-Kaap sal verteenwoordig.

• Saterdag pak Western Hope en Union Stars mekaar op die Plate in ’n Oudtshoornderby in die SWD T20 Premierliga.

Ander plaaslike spanne wat Saterdag in SWD T20-promosieligawed-stryde op die Plate in aksie sal wees, is Beaufort-Wes teen Dysselsdorp, Ladismith teen Glen Roses en Bongolethu teen Calitzdorp Young Stars.

Log in with your credentials

Forgot your details?