Kom moedig deelnemers aan

DIE Klein Karoo Sake-aflos herleef vanmiddag in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn, ná twee jaar se afwesigheid.

Die Klein Karoo Atletiekfonds, wat die aflos laat herleef het, nooi die gemeenskap van die Groter Oudtshoorn om vanmiddag die laer- en hoërskole, besighede, staats- en semi-staatsinstellings wat spanne ingeskryf het, te kom ondersteun.

Daar is ook voorsiening gemaak vir persone met gestremdhede om deel te neem.
Daar sal in twee kategorieë deelgeneem word, draf (6 per span) of stap (4 per span). Elke lid van ’n span lê 2 km af. Die eerste span in elke kategorie kry ’n goue medalje terwyl die res wat klaarmaak almal brons medaljes ontvang.

Die aflos begin om 18:00 voor Spur vanwaar die deelnemers tot ’n entjie anderkant Van der Rietstraat stap en hardloop en dan weer terugkeer na die wegspringplek.

Dave van der Walt (082 774 4901) nooi die publiek om die deelnemers, van jonk tot oud, te kom aanmoedig.

Log in with your credentials

Forgot your details?