Klubdag ’n groot sukses

Ben Vermeulen (middel), en Oeloff Badenhorst (regs) was die wenners van Oudtshoorn Gholfklub se klubdag. Johan Cornelissen, klubkaptein staan links. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
MEER as R30000 is Saterdag ingesamel in Oudtshoorn Gholfklub se jaarlikse fondsinsamelingsprojek wat daarop gemik is om die klub se fondse te styf.

Altesame 71 spelers het afgeslaan vir ’n 4BBB-stableford wat deur twee besoekers, Ben Vermeulen en Oeloff Badenhorst van George, met ’n telling van 46 punte gewen is.

Pieter Strauss en Jaco Matthee (44) was tweede en Celeste Barnard en Ronelle Cornelissen (ook met 44) was op ’n uittel derde. Terry van Coller en Llewellyn Rheeder (43) was vierde met Ockie Horowitz en Demitri Malgas, ook met 43, op ’n uittel vyfde.
Salie Oosthuizen het op die 7de putjie die langste dryf geslaan.

Badenhorst het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, Rheeder op die 8ste putjie, Cornelissen op die 12de putjie en Anton Kock op die 15de putjie.

Log in with your credentials

Forgot your details?