Klub spog met 25 medaljes by karateproewe

Die Jikkai-do Karateklub van Oudtshoorn wat Saterdag 25 medaljes by die Eden Karateproewe ingepalm het. Hulle is voor van links Sergio Witbooi (goud), Ambrose Claassen (brons), Furquin-Lee Eftha (goud), Aldrin April (silwer) en Temmodene Goliath (silwer); tweede ry van links Ayden Witbooi (goud), Uwive Masola (silwer), Sarah-Jane Lewis (goud), Geo Bruin­tjies (goud), Sue-Alice Gysman (goud en silwer), Isadene Ambrose (goud), Jaydran Malgas (silwer) en Iane Cooper (goud); en agter van links Shane May (silwer), JP le Roux (brons), Lolwethu Masola (silwer), Jemorlin Olivier (goud), Caronne-Jode de Laan (goud), Lleythan Smith (twee goues), Daetania de Laan (goud) en Trechelle April (silwer). Afwesig tydens neem van foto was Verushca Frans (silwer), Heinrique-Pete Samson (brons), Sheree Samson (goud) en Luciano Constable (goud).  Foto:  Wyndham Ewerts 

Deur Wyndham Ewerts
DIE Jikkai-do Karateklub van Oudtshoorn het Saterdag by die Eden Karateproewe in die De Jagersportkompleks altesame 25 medaljes ingepalm.

Sensei Avril Maarman, afrigter van die klub sê sy is veral trots op die prestasie van die ontwikkelingsafdeling wat meestal met witgordels deelgeneem het.

“Dit spreek boekdele van die toewyding van dié jong karateka,” het sy gesê.

Vyf van van die klub se karateka in die elite-afdeling is gekies om Vrydag aan die Top 10 SA Elite Kampioenskap in

Johannesburg te gaan deelneem. Hulle is Sarah-Jane Lewis, Sue-Alice Gysman, Daetania de Laan, Shane May en Lleythan Smith.

By dié toernooi sal die Top 4-karateka gekies word wat Suid-Afrika van 28 November tot 2 Desember by die Statebondspele in Durban gaan verteenwoordig.

Maarman het die inwoners van Oudtshoorn gevra om duim vas te hou vir haar span.

Log in with your credentials

Forgot your details?