KKNK-fietsritte – feesgangers kan vanjaar die omgewing verken

FEESGANGERS gaan tydens vanjaar se KKNK die geleentheid kry om Oudtshoorn en omgewing per fiets te verken.

Dryland Ride-toere bied tydens die KKNK twee oggende dagtoere aan wat ’n 20 km-rit behels ’n toergids wat die groep sal begelei.

Die fietsuitstappie sluit koue drinkgoed en ’n happie in voordat die groep vertrek. En agterna kan almal koffie of tee by Café Brulé geniet.

Die datums van die fietstoere is Vrydag, 22 Maart, en Sondag, 24 Maart.

Die bymekaarkomtyd is 07:00 by Café Brulé, Queens Hotel, Baron van Reedestraat, Oudtshoorn. Deelnemers kan al van so 30 minute voor die wegspringtyd kom.

Die rit sal sowat 90 minute duur.

Kaartjies kan aanlyn gekoop word by Computicket teen R85 per kaartjie. Geen fietsryers jonger as 16 jaar mag deelneem nie.

https://online.computicket.com/web/event/dryland_ride_oggendtoere/1293913410/0/92039625.
Valhelms is ’n vereiste. Verder moet deelnemers basies hul waterbottels en bergfietse saambring!

Log in with your credentials

Forgot your details?