Kawaliers wen uitkloptoernooi

Die Kawaliers wat die Colyn Sylvester Uitdaagtrofee gewen het. Foto: Ebenezer Titus

Die Kawaliers wat die Colyn Sylvester Uitdaagtrofee gewen het. Foto: Ebenezer Titus

DIE Kawaliers, ’n rugbyspan van die Grootkraal-omgewing naby die Kango Grotte, het Saterdag die Colan Sylvester Uitdaagtrofee gewen deur die span van Rietfontein met 22-5 te klop.

Die twee spanne het tot die eindstryd deurgedring in ’n uitkloptoernooi wat deur die Spring Roses Rugbyklub op die Bridgton Sportgronde aangebied is.

As naaswenners het Rietfontein die Spring Roses Wisseltrofee ontvang.

Chad Pass is as die Speler van die dag gekroon waarvoor hy die Hein Coetzee Wisseltrofee ontvang het.
Selwyn Coetzee het die Japie ­Coetzee Wisseltrofee as beste voorspeler ontvang en Hilton Witbooi die Garnett Wicomb Wisseltrofee as beste agterspeler.

Die toernooi is vir landelike spanne en nywerheidspanne aangebied. Ander spanne wat deelgeneem het, was die Pumas, Mambas, Jonkers United, Mightys, Schoemzies en Welbedagt United.

In ’n feeswedstryd wat tydens die toernooi gespeel is, het Spring Roses se A-span, wat in die SWD Presidentsliga speel, op verrassende wyse vir Bridgton Rugbyklub se A-span, wat in die SWD Premierliga speel, met 18-5 geklop. Hein Coetzee, voorsitter van Spring Roses, sê die wedstryd is in ’n baie goeie gees gespeel. “Die jaarlikse wedstryd om die Spring Roses Vriendskapstrofee word gespeel om die bande tussen ons en Bridgton te versterk.

“Ek is trots op my spelers, maar ek moet bysê dat Bridgton se A-span nie volledig was nie.”

Log in with your credentials

Forgot your details?