Kankergholfdag 25 jaar oud

Llewellyn Rheeder (naaslinks) het afd A en Kirsten Bredekamp (naasregs), die wenner van die afd C. Reinhardt van Coller wat afd B gewen het, was afwesig met die neem van die foto. By hulle is Coen Basson (links) van Sanlam en Paul Stroebel, klubkaptein. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE gewilde Sanlam Kankergholfdag is Saterdag vir die 25ste jaar op die plaaslike baan aangebied met 49 spe­lers wat afgeslaan het.

Spelers het ooreenkomstig hul voorgee in afdelings A, B en C mee­geding.

Llewellyn Rheeder het met ’n tel-ling van 37 punte afd A gewen. P Hancke (36) was tweede in dié afde-ling en Piet Swanepoel (35) derde.

Reinhardt van Coller (40) het afd B gewen met Paul Stroebel (39) tweede en Niel Truter (38) derde.
Kirsten Bredekamp (33) het afd C gewen met Godfrey Malgas (22) tweede en Kobus Mouton (22) op ’n uittel derde.

Rheeder het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan.

Coen Basson van Sanlam het tydens die prysuitdeling die spelers bedank wat die gholfdag ondersteun het, en gesê elke hou wat geslaan is, is ’n hou teen kanker.

Log in with your credentials

Forgot your details?