Juniors oorheers Parkrun

Juniors het Saterdag se 228ste Oudtshoorn Parkrun by Surval oor-heers met vyf wat onder die eerste tien atlete by die eindpunt was.

Markus Viljoen (17) was in 20 min 14 sek eerste oor die wenstreep terwyl Hannes Oosthuizen (29:01), William Deck (30:28), Jayden du Plessis (31:15) en Callan du Plessis (31:20) die vierde tot sewende plekke losgehardloop het.

Newald Groenewald (22:51), wat Saterdag sy 225ste Parkrun voltooi het, was tweede en Thulani Mthembu (25:43) derde. Hestia Burger (32:03) was die eerste vrou.

Ander goeie tye is gehardloop deur Corika Hunlun (34:53) Johnnie Hunlun (35:05), Jared Jordaan (35:36), Meggan Jordaan (35:41), Hildegarde Bruwer (36:28), Miemie Kleingeld (36:38), Sakkie Kleingeld (36: 38), Frikkie Bruwer (36:59), Gertruida Roux (37:43), Cornelius du Plessis (37:55), Sylvia Roux (38:54).

Daar was altesame 41 deelnemers.

Log in with your credentials

Forgot your details?