Jonges blink uit vir Eden!

Twee belowende jong tennisspelers van die Wesbank Tennisklub, die 14-jarige Patricia Esterer (bo) en Marcell Petzer (onder, 16), in aksie.

Deur Garnett Wicomb
DIE span van die Eden Tennisvereniging het Saterdag op Oudtshoorn net-net daarin geslaag om die Oostelike Provinsie in hul jaarlikse vriendskaplike kragmeting met 31-29 te klop.

Dit was ’n dag wat opwindende tennis opgele-wer het met al die wedstryde in die vier afdelings wat tot die laaste wedstryde in die weegskaal was.

Verskeie belowende jong spelers van albei spanne was Saterdag in aksie onder wie Marcell Petzer (16) en Patricia Esterer (14) van die Wesbank Tennisklub.

Esterer het al drie haar wedstryde gewen.

Eden se ope-span onder leiding van Jacques de Beer en Christene van Coller het hul eweknie van die OP met 13 wedstryde teenoor 11 geklop.

Die 40+span het met 12 potte gewen nadat die wedstryd- en steltellings gelykop was, terwyl die 50+-span met 13 potte en die 60+-span met ’n enkele stel die wa deur die drif getrek het.

Log in with your credentials

Forgot your details?