Janet Winster van SWD Krieketspan, gekies vir Krieket Suid-Afrika se T-20 superliga

Janet Winster, bouler van die SWD Krieket­span, is gekies vir Krieket Suid-Afrika se T20-superliga wat van môre tot Sondag in Pretoria plaasvind en dan weer van 13 tot 15 Desember in Kaapstad. Nog twee spelers, Micaela Andrews and Annerie Dercksen, is gekies om in die liga te speel. Winster en Andrews is lede van Union Stars en Dercksen is van Beaufort-Wes. Dit is die eerste keer dat die liga plaasvind en KSA het vier spanne uit die topvrouespelers in Suid-Afrika gekies wat aan die liga, wat vanjaar vir die eerste keer plaas-vind, gaan deelneem. Winster is vir die 2018/19 KSA Privinsiale vroueliga as SWD Vrouespeler van die Seisoen aangewys.

Log in with your credentials

Forgot your details?