Jaarlikse driespeltoernooi by Oudtshoorn Rolbalklub

’n Rolbalspan van Oudtshoorn het die naweek die jaarlikse driespeltoernooi by die Oudtshoorn Rolbalklub gewen. Die wenspan is van links Marthinus Geldenhuys, Wayne Ridden, Justine Eaglestone, president van die klub, en Rudi Venter, skipper. Regs is Ian Laubscher, Oudtshoorn Munisipaliteit se sport-ontwikkelingsbeampte. Altesame 26 spanne vanoor die hele Edenstreek het Vrydag en Saterdag deelgeneem aan die toernooi wat deel vorm van die Oudtshoorn Sportfees. Die prysgeld is deur die munisipaliteit geborg.

Abe Treurnicht (regs op foto) in aksie tydens die naweek se driespeltoernooi op die plaaslike baan. Hy is ’n nuwe lid van die klub wat onlangs vanaf die Boland aangesluit het.  Foto: Higgo Jacobs

Log in with your credentials

Forgot your details?