Ian Laubscher wen stableford

Deur Higgo Jacobs
DIE individuele stableford van die Oudtshoorn Gholfklub Saterdag is met ’n telling van 41 punte deur Ian Laubscher gewen.

Anneline Badenhorst (40 punte) was tweede gevolg deur Deon Barnard derde (38 punte). Reinhardt van Coller en Christo Odendal, albei met 37 punte, was onderskeidelik vierde en vyfde.

Die boerpot is deur Badenhorst en Van Coller gedeel.

Rudi Mortlock het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan.

Van Coller het op die 8ste en 12de spogtwees geslaan, Pieter Pretorius op die 8ste, en Jacobus Arries op die 12de.

• Paul Stroebel het Woensdag, 27 Februarie, se gholfdag met ’n telling van 36 punte gewen. Etienne Roos en Fanie Greeff, albei met 35 punte, was op ’n uittel tweede en derde.

AO Theunissen het die boerpot gewen. Ockie Horowitz het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan, en ook die balletjie op dié putjie vir ’n spogtwee ingerol.

Louis Slabbert en Deon Barnard het op die 12de elk ’n spogtwee geslaan en Marius Wilken op die 8ste.

Log in with your credentials

Forgot your details?