Groot tweekamp op Oudtshoorn

Deur Higgo Jacobs
Die Highgate Groter Oudtshoorn Interprovinsale Tweekampbyeenkoms vind vanjaar op Saterdag, 2 Februarie, in die De Jager Sportstadion en die NA Smitswembad plaas.

Op dié dag spook sewe provinsies sake uit. Verlede jaar is agt byeenkomsrekords en twee SA rekords opgestel en 520 atlete het in ideale weersomstandighede meegeding.

Volgens Dave van der Walt van Eden Tweekamp word daar vanjaar nog meer inskrywings verwag.
Die tradisionele optog in die De Jager Sportstadion waarmee die byeenkoms geopen word, begin reeds om 07:30 en die eerste atlete spring om 8:00 weg. Die swembad open om 11:00 en die eerste swemitem vind ná afloop van die atletiek plaas.

Colan Syl­vester, uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, gaan die byeenkoms die Saterdagoggend amp-telik open. Alle belangstellendes en sportliefhebbers word genooi om die tweekamp by te woon.

Toegang is gratis.

Die prysuitdeling vind om 19:00 by die Highgate Volstruis Vertoonplaas plaas.

Aanlyninskrywings het reeds geopen. Inskrywings moet betyds ingedien word om reserwe-atlete die kans te gee om in te skryf.

Vanjaar se Suid-Afrikaanse Kampioenskap vind op Sondag, 31 Maart, in Port Elizabeth plaas en word deur OP Tweekamp aangebied.

Volgens Van der Walt is die visie van Eden Tweekamp om meer te bied as om bloot aan sport deel te neem, maar streef dit daarna om vir deelnemers ’n lewenswyse te help skep.

Vir navrae kan Van der Walt by 082 773 4901 gekontak word.

Log in with your credentials

Forgot your details?