Goeie gholf gespeel

Deur Higgo Jacobs
GOEIE gholf was Saterdag die kenmerk van die maandelikse houespel by die Oudtshoorn Gholf­klub.

Clement Rex het ’n netto-telling van 61 houe aangeteken en was die algehele wenner van die dag. Hy het ook die boerpot gewen.

Die A-afdeling is deur Pieter Pretorius met ’n telling van 68 gewen. Piet Swanepoel was tweede met 69 en Niel Terblanche (70) derde.

In die B-afdeling was Rex baas met 61 houe. Howard Ellis was tweede met 67 en Viviers Strauss (69) derde.

Daniel Boks het die C-afdeling met 67 houe gewen. Mike Broughton (73) was tweede en WM Badenhorst (75) derde.

In die vroue-afdeling het Ronel Westraadt die beste gevaar met ’n telling van 72. Wanda Uys (75) was tweede en Chloé-Malgas Kelpin (79) derde.

Colin Swigelaar het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan.

Spogtwees is op die 3de deur Llewellyn Rheeder en Alan Fortuin aangeteken. Ettiene Roos en Gary Hutchings het dit op die 12de gedoen.

Log in with your credentials

Forgot your details?