Gimmies klop Paarl Gimnasium

Langenhoven Gimnasium se eerste krieketspan wat Dinsdag vir Paarl Gimnasium op die krieketveld pakgegee het. (Foto verskaf.)

Deur Angelique Erasmus
DIE eerste krieketspan van Langehoven Gimnasium het Paarl Gimnasium Dinsdag (24 September) met 71 lopies pakgegee in ’n vriendelike wedstryd tydens die Punt-krieketweek.

Die wedstryd het op Gim se tuisveld plaasgevind.

Gimmies, wat eerste gekolf het, het 223 lopies vir 6 paaltjies in die toegelate 45 boulbeurte op die telbord geplaas.

Vir Gimmies het Johann Muller 100 lopies ge­moker. Jhedli van Briesies het drie paaltjies laat kantel, en Godroy Overberg en Johann Muller twee paaltjies elk.

Log in with your credentials

Forgot your details?