Gees van kameraderie!

Corné Bence (middel), president van Eden Fietsry, saam met Louis Visser (links) en Marchall Hendricks pas nadat hulle die Cape Pioneer Trek Saterdag in die agtste plek in die afdeling vir elite mansspanne voltooi het.

Corné Bence (middel), president van Eden Fietsry, saam met Louis Visser (links) en Marchall Hendricks pas nadat hulle die Cape Pioneer Trek Saterdag in die agtste plek in die afdeling vir elite mansspanne voltooi het.

Kobus en Fienie Barnard van Oudtshoorn ná die sesde skof wat Vrydag op die hoogste punt van die Swartbergpas geëindig het.

Kobus en Fienie Barnard van Oudtshoorn ná die sesde skof wat Vrydag op die hoogste punt van die Swartbergpas geëindig het.

Jorrie Jordan

Jorrie Jordan

Anru de Wet

Anru de Wet

Deur Schalk le Roux
’N GOEIE gees van kameraderie ondanks straw-we mededinging en ’n uitdagende roete was weer eens kenmerkend van vanjaar se Cape Pioneer Trek wat Saterdag in Baron van Reedestraat voor die Queen’s Hotel op Oudtshoorn geëindig het.

Sewe Oudtshoorniete het die Momentum Health Cape Pioneer Trek presented by Biogen (CPT) se roete van 533 km lank, wat altesame 11370 meter se klimwerk insluit, suksesvol afgelê.

Onder Oudtshoorn se ryers het die 19-jarige Louis Visser, die jongste ryer wat deelgeneem het, en sy spanmaat Marchall Hendricks (22) die algeheel vinnigste tyd van 24 uur 28 min behaal. Hulle was agtste in die afdeling vir elite-mansspanne.

Dit was Visser, van wie groot dinge in padfietsry verwag word, se eerste deelname aan die CPT. Wat Hendricks se vertoning uitsonderlik maak, is dat hy voltyds werk en buite sy werksure oefen.

Visser het ná die CPT op sy Facebookblad hulde gebring aan Hendricks: “The biggest congratulations must go to Marchal Hendricks. Not once did he get mad. He never gave up even after bonking the first day. He always kept his cool en carried the pain in his legs. He got stronger by the day. For someone to work and compete at this level costs a lot of dedication!”

Corné Bence, president van Eden Fietsry, het die twee Saterdag by die eindpunt ingewag en was vol lof vir albei se vertoning. Hy het ook erkenning gegee aan Henco Rademeyer van Dryland Event Ma­nagement, wat die CPT aanbied, vir dit wat Dryland vir die jong ryers beteken.

• Yolande de Villiers, ervare bergfietsryer van Oudtshoorn, en haar spanmaat, Joel Stransky, was tweede in die afdeling vir gemengde pare in ’n tyd van 24:52:17. Stransky is die Springboklosskakel wat in 1995 se Rugbywêreldbekereindstryd teen die All Blacks die wenpunte vir die Springbokke aangeteken het met ’n skepdoel in ekstra tyd. Stansky het al 15 die Bokke se punte in dié wedstryd op Ellispark in

Johannesburg met sy skopskoen aangeteken. Die eindtelling was 15-12.

Kobus en Fienie Barnard, bekende fietsrypaar van Oudtshoorn, was in 25:26:35 vierde in die afdeling vir gemengde pare.

Nog twee ryers van Oudtshoorn het die CPT voltooi. Hulle is Jorrie Jordan (29:00:44) wat 14de in die solomansafdeling was, en Anru de Wet (33:03:27) wat 26ste in dieselfde afdeling was.

Algehele wenners
Matthew Beers en Alan Hatherly van Suid-Afrika (elite mans) was die algehele wenners in 21:52:27. Gawie Combrinck en Nico Bell, ook van Suid-Afrika, was tweede in 21:54:39 en Bram Rood en Gerben Mos van Nederland derde in 22:17:03.

Die elite-vroueafdeling is gewen deur Sabine Spitz van Duitsland en Robyn de Groot van Suid-Afrika in 24:25:36. Ariane Luthi van Switserland en Amy McDougall van Suid-Afrika was tweede in 24:27:17.

Die gemengde afdeling is gewen deur Charles McFall en Carmen Buchacher in 24:18:37.

• Die CPT het Sondag, 15 Oktober, op Mosselbaai begin waarna dit ’n draai op George gemaak het voordat dit Oudtshoorn toe gekom het.

Die voorlopers van die Cape Pioneer Trek jaag verlede Donderdag tydens die sesde skof oor die vlaktes van die Klein Karoo op pad na die Swartbergpas. Foto: ZC Markering Consulting

Die voorlopers van die Cape Pioneer Trek jaag verlede Donderdag tydens die sesde skof oor die vlaktes van die Klein Karoo op pad na die Swartbergpas. Foto: ZC Markering Consulting

Log in with your credentials

Forgot your details?