Garnett begin goed

OUDTSHOORN se veteraan-tennisspeler Garnett Wicomb (76) het sy eerste wedstryde by die Internasionale Tennisfederasie se 38ste Super-Senior Wêreldspan- en Individuele Kampioenskap wat tans in Kroasië plaasvind, gewen.

Wicomb het Maandag laat weet dat hy sy eerste enkelspel- en dubbelspelwedstryde Sondag teen spelers van Switserland gewen het.

Die Suid-Afrikaners het egter daarna teen die sterk spanne van Duitsland en Brittanje verloor.

Wicomb, wat ook ’n bekende joernalis is, is tans Suid-Afrika se nommer een-mansspeler in die ouderdomsgroep 75 plus. Hy was ook verlede jaar lid van die Suid-Afrikaanse span wat in Florida, VSA, gespeel het.

“Die tennis is van hoë gehalte. Mense wat praat van oumens-tennis moet hier wees,” sê hy.

Volgens Wicomb ding Suid-Afrika teen 17 ander spanne in sy ouderdomsgroep deel, en speel hulle vandag teen een van die drie wenners van die groep.

“Kroasië is ’n mooi land en Umag, die stad waar die kampioenskap plaasvind, ’n ware toeristestad met 80 000 toeriste wat dit in die somermaande besoek.

Wicomb, wat die koste vir sy reis na en verblyf in Kroasië self moet betaal, sê hy moet sy rieme maar dun sny aangesien van die bydraes waarop hy ge­hoop het, nie gerealiseer het nie.

Enigeen wat Wicomb met sy koste wil bystaan terwyl hy sy land verteenwoordig, kan ’n inbetaling in sy Absa-bankrekening doen: RGD Wicomb, tjekrekeningnr 010 540 502 55.

Log in with your credentials

Forgot your details?