Freda Barnard-swemmers presteer

Swemmers van die Freda Barnard Swemskool op Oudtshoorn is van links Anlize Vermeulen, Delia van Biljon, Ninke Griffioen, Christiaan van Biljon, Jancke Potgieter en Jada Coetzee.

Swemmers van die Freda Barnard-swemskool op Oudtshoorn het puik presteer in die 2018/19-seisoen deur verskeie medaljes op streeks- en nasionale vlak in te palm.

Anlize Vermeulen het by Swem Suid-Afrika (SSA) se vlak 3-byeenkoms op Oudtshoorn ’n goue medalje in die 50m-vryslag gewen en silwer in die 100 en 200m-borsslag. Jada Coetzee het by dié byeenkoms silwer in die 400 en 200m-vryslag en brons in die 50 en 200m-rugslag gewen.

Jancke Potgieter het by SSA se vlak 2-byeen-koms in Oos London ’n goue medalje in die 50m en 100m-borsslag gewen.

Ninke Griffioen en Christiaan van Biljon is ge­kies vir Edendistrik se junior swemspan wat aan ’n interdistrikte-byeenkoms in die Wes-Kaap deel­ge­neem het. Ninke het hier vyf goue medaljes ge­wen in die 100m-rugslag, die 50 en 100m-vry­slag, die 50m-vlinderslag, en die 100m-vryslagaflos. Christian het hier goud in die 100m-vryslag en 100m-aflos en silwer in 50m-vryslag gewen.

Anlize en Jada het ook goed gevaar by die SA Tweekampkampioenskap in Port Elizabeth waar hulle onderskeidelik 4de en 8ste plekke behaal het.

Delia van Biljon, afrigter van die swemskool, sê sy is baie trots op al die swemmers se prestasies en harde werk die afgelope seisoen.

Anlize, Jada en Kari Griffioen is vir hul presta-sies benoem vir verskeie pryse by Eden Swem se toekennings die naweek.

Van Biljon sê nuwe lede is welkom en aansoeke om lidmaatskap het reeds geopen. Afrigting en voorbereiding vir die nuwe seisoen begin einde September.

Log in with your credentials

Forgot your details?