Fortuin slaan pak vleis los

Alan Fortuin, middel, was die wenner van die groot pak vleis wat deur Oudtshoorn Spar geborg word. Clement Rex, regs, was die naaswenner. Die klubkaptein, Paul Stroebel staan links. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Alan Fortuin het Saterdag ’n lekker pak vleis gewen toe hy met ’n telling van 43 punte die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholf-dag gewen het.

Clement Rex (38 punte) was tweede en het ook ’n pak vleis gewen.

Llewellyn Rheeder en Pieter Strauss, albei met 37 punte, was op ’n uittel derde en vierde. Francois Pretorius (36 punte) was vyfde.

Die boerpot is deur A Manuel gewen. Rex het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan.
Daniel Boks het op die 3de putjie ’n spogtwee geslaan, Piet Swanepoel op die 8ste, Jaco Mortlock op die 3de sowel as op die 8ste en Strauss op die 15de.

Altesame 58 spelers het vir dié ge-wilde gholfdag afgeslaan.

Woensdag, 17 Julie, se gholfdag is deur Billy Capel met ’n telling van 38 punte gewen.

Heinrich Cornelissen en Noel Dreyer, albei met 36 punte, was op ’n uittel tweede en derde. Celeste Barnard (35 punte) was vierde en Colin Swigelaar (34 punte) vyfde.

Strauss het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan.

Die boerpot is gedeel deur Dreyer, Francois Verwey en Laurie Boshoff.