Firestones weer eens Vlakkiekampioene!

Die spelers van Firestones met Die Herrie-wisselstrofee wat hulle Sondag vir die derde keer agtereenvolgens gewen het. Hulle is voor van links Brad de Villiers, Reagan Botha, Ray-Brain Jonas, Jaydin Louw, Vernon Alexander en Shaanwin Murphy; middel van links Jaydrian Plaatjies (paaltjiewgter), Mauritz Pretorius, Neil Arries (kaptein), Damion Esau (onderkaptein) en Leon Daniels; en agter van links Marco Donson (voorsitter), Zinzan Meyer, Ricardo Blignaut, Romario Abdolph en Franklin Stuurman. Foto: Wyndham Ewerts

Deur Wyndham Ewerts
DIE Firestone Krieketspan het Sondag vir die der­de keer ná mekaar die jaarlikse T20 Vlakkie-kriekettoernooi (OPL) teen Prostars op die oop stuk veld langs die Bridgton Kliniek gewen.

Altesame twaalf spanne het vanjaar aan die rondomtalie-toernooi deelgeneem.

In die eindstryd het die Prostars die loot gewen en besluit om Firestones eerste te laat kolf. In hul 20 boulbeurte het die rooi truie 103 lopies geslaan.

Firestone het daarna in die 17de boulbeurt Prostars se laaste paaltjie laat kantel met hul telling op 80. Dit het aan Firestones ’n oorwining met 23 lopies besorg.

Neil Arries, kaptein van Firestones, skryf sy span se drie oorwinnings ná mekaar toe aan harde werk. “Veral die jonger spelers is gretig om hulself te verbeter. “Ons 15-jarige snelbouler, Jayden Louw, het verwoesting met die bal gesaai en toon groot belofte,” het Arries gesê. Jayden is aangewys as die beste bouler van die liga.

Enigeen wat by die liga betrokke wil raak, kan Gavin Pietersen kontak by by 073 813 1407.
• Eden Rainbow Development Projects (NGO) bied die liga aan en Die Herrie en Crafty U is die borge.

Log in with your credentials

Forgot your details?