Fietsrenne op Ovaalrenbaan

Fietsry-aksie op die De Jager Ovaalrenbaan.

DIE Eden Fietsryklub het Vrydag-aand (1 Maart) die eerste van drie bergfietsbyeenkomste op die De Ja-ger Ovaalbaan by Oudtshoorn aangebied. Die byeenkoms is nie net vir ernstige fietsryers nie, maar ook vir mense wat vir die ontspanning ry.

Die renne is oor vier afstande – 500m, 1,5km, 2km en 5km – en in drie ouderdomsgroepe – 0-15, 16-39 en 40 en ouer – opgedeel.

Immanuel Becker (Rough Riders) het die 5 km-ren (16 – 39) gewen met Benino Hans tweede en Braam Wannenburg derde.

Small Chainrings (07:03) het die spankompetisie gewen, met Rough Riders (07:09) tweede en Sloth (07:29) derde. Die span met die meeste punte ná die derde byeenkoms sal ’n wisseltrofee wen.

Die volgende byeenkomste vind op Woensdag, 3 April, en Vrydag, 12 April, plaas. Belangstellendes wat nog wil inskryf, kan gerus vir Essie Esterhuizen by 084 279 1065 kontak vir navrae.

Die fondse wat met die inskrywings bekom word, sal aangewend word vir die herstel van die houtdek by die klubhuis van die Eden Fietsryklub wat in 2017 afgebrand het. Die klubhuis is langs die De Jager Ovaalrenbaan wes van Oudtshoorn.

Die Polisie op Oudtshoorn ondersoek steeds ’n klag van brandstigting.

Log in with your credentials

Forgot your details?