Etiënne Roos wen

Deur Higgo Jacobs
Etiënne Roos het Saterdag met ’n telling van 40 punte die Oudtshoorn Gholfklub se gholfdag gewen.
Llewellyn Rheeder (39) was tweede gevolg deur Steven Pieterse (38) Skillie Pretorius (36) en Rudi Mortlock (35).

Rheeder, Pretorius en Francois Brill het die boerpot gedeel. Pretorius was op die 8ste putjie naaste aan die pen.

• Woensdag, 24 Julie, se gholfdag is deur Lollies van Rensburg (37 punte) gewen. Heinrich Terblanche, Terry van Coller en Laurie Boshoff, ook al drie met 37, was op ’n uittel tweede, derde en vierde en Rudi Mortlock (36) vyfde.

Louis Fourie sr en sy seun en naam-genoot het op die 15de putjie spogtwees geslaan, maar Louis jr was die naaste aan die pen.

Log in with your credentials

Forgot your details?