Ellis, Lofts se duiwe wen

DIE Klein Karoo Wedvlugduiweklub se wedvlug oor sowat 200 km vanaf drie susters het Saterdag plaasgevind.

Die volledige uitslae vir jaaroudduiwe was:
Tobie Ellis – 1, 2, 3, 13, 14 en 17; Cobus van der Merwe – 4, 9, 18 en 20; Otto Lofts – 5, 6, 7 en 11; Klein Karoo Lofts – 8; Dirk Greeff – 10, 12 en 15; Hannes Smit – 16; en George Erasmus – 19.

Die volledige uitslae in die ope-afdeling was:
Otto Lofts – 1, 3, 4, 5 en 17; Van der Merwe – 2, 12, 14, 15 en 16; Greeff – 6, 10 en 20; Erasmus – 7, 8, 9, 13, 18 en 19; en Ellis – 11.
(Berig deur Higgo Jacobs.)