Eerste been van 190’s afgehandel

Deur Garnett Wicomb
Die eerste been van vanjaar se Fritz Meissner 190’s-spankompetisie van die Eden Tennisvereniging is Saterdag op Oudtshoorn afgehandel nadat dit agv reën vanaf Mosselbaai hierheen verskuif het.

Altesame 28 spanne van vier spelers elk neem aan die toernooi deel waarin die gesamentlike ouderdom van ’n span minstens 190 jaar moet wees.

Die tweede been vind op Saterdag, 11 Mei, op George plaas.