Eden Suidspan wen tennis

Deur Garnett Wicomb
DIE Eden Suidspan van die Eden Tennisvereniging het die Franklin-skild behou deur Saterdag die span van die Noordspan met twee wedstryde (34-32) te klop.

Hoewel die Suidspan se eersteliga­span sy kragmeting met 18-6 verloor het, het sy tweedeligaspan en senior span met onderskeidelik 13-23 en 1-5 gewen vir ’n algemene oorwinning.

Die Franklinskild-toernooi is ’n jaarlikse instelling tussen spanne van die Eden Tennisvereniging suid en noord van die Outeniquaberge.

Die skild is jare gelede geskenk deur ’n tennisliefhebber, ene mnr Franklin van Herold, met die voorstel dat twee saamgestelde spanne van die SWD daarvoor speel.

Die voorsitter van Eden Tennis, Debra Hyde, het na die dag se wedstryde die spelers vir hul deelname bedank, die kapteins vir hul kapteinskap en die tennisklubs van Hartenbos, Mosselbaai en Kleinbrak vir hul puik geriewe en gasvryheid.

“Dit was weer eens ’n baie geslaagde dag van goeie wedywering en puik kameraderie,” het Hyde gesê.
Verskeie spelers van Wesbank het aan die toernooi deelgeneem.

Log in with your credentials

Forgot your details?