Desmond en Louis wen eindstryd

Louis Willeman (links) en Desmaond Malgas (naaslinks) het die eindstryd van die Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdae gewen. By hulle is Helene Badenhorst (middel) van James King & Badenhorst Prokureurs, Paul Stroebel (naasregs), klubkaptein, en Helen Butler, kantoorbestuurder van die Besigheidskamer. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE eindstryd van die Oudtshoorn Besigheidskamer se gholfdae op Woensdag, 4 Desember, op die plaaslike gholfbaan is deur Desmond Malgas en Louis Willeman met ’n telling van 47 punte gewen.

Die wenners van elke maand se kamergholfdag het gekwalifiseer vir die eindstryd.

Bennie van Zyl en Dwayne Venter was tweede met 46 punte. Hierna op ’n uittel van 44 punte het gevolg Rudi Mortlock en

Hannes Smal, Ockie Horowitz en Chris van Zyl en Hannes Oosthuizen en Deon van Dyk.

Hein Terblanche het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan en Van Zyl op die 8ste.

FJ Pretorius, Bennie van Zyl, Jaco Matthee en Pieter Strauss het spogtwees op die agtste putjie behaal en Francois Verwey op die twaalfde.

Gideon Badenhorst, voorsitter van die Besig­heidskamer en verteenwoordiger van James King & Badenhorst Prokureurs wat die gholfdag geborg het, het tydens die prysuitdeling gesê dié maandelikse gholfdae was vanjaar weer ’n suksesverhaal.

Hy het ’n beroep op almal teenwoordig gedoen om ook die borge te ondersteun en plaaslik te koop. Turnberry Boutique Hotel het ook die gholf-dag geborg.

Log in with your credentials

Forgot your details?