Colour run deur Oudtshoorn se strate


STAPPERS en drawwers van Oudts­hoorn kan op Vrydag 30 November in spanne van tien deelneem aan ’n Colour Run wat die Infanterieskool op Oudtshoorn aanbied.

Dié pretgeleentheid, wat om 09:00 afskop, sal oor ’n afstand van 5 km deur Oudtshoorn se strate plaasvind. Dit maak deel uit van die Infanterie­skool se program vir Wêreldvigsdag.

Daar sal vyf verfgooi-punte langs die roete wees waar deelnemers eers vrae oor MIV/Vigs moet beantwoord voordat die span verder kan hardloop. By dié punte sal deelnemers ook iets koel te drinke kan kry.

Spanne sal ’n minuut uit mekaar wegspring. Die wegspringplek en eind­punt is op die parkeerterrein voor die NA Smit Swembad in Parkweg.

’n Span se tyd sal bepaal word deur die tyd van die tiende spanlid by die wenpaal. Die wenspan sal op grond van hul tyd en punte vir die antwoorde op die vrae by die verfgooi-punte aangewys word.

Enigiemand is welkom om deel te neem. Deelname is R5 per deelnemer of R50 vir ’n span van 10 lede. Inskrywings kan gedoen word voor die wedren op die parkeerterrein voor die NA Smit Swembad.

Log in with your credentials

Forgot your details?