Collegians wen wipplankstryd!

Collegians A het Saterdag ’n taai SWD Presidentsligawedstryd teen Prins Albert A met 37-32 gewen nadat hulle rustyd 8-15 agter was.

Die wedstryd het teen ’n vinnige pas begin toe Prins Albert binne enkele minute ’n verdoelde drie aan-geteken het.

Collegians het kort daarna met ’n onverdoelde drie teruggeslaan.

Prins Albert het hierna weer sterk aangeval en is weer met ’n drie wat nie verdoel is nie beloon.

’n Strafdoel vir elke span het die rustydtelling op 15-8 in Prins Albert se guns te staan gebring.

Ná rustyd het Collegians eerste toegeslaan met ’n verdoelde drie om die telling 15-15 gelyk te maak.

Met albei spanne wat na ’n hoër rat oorgeskakel en die druk wat toegeneem het, het Collegians binne trefafstand twee strafskoppe afge­staan wat deur Prins Albert in punte omgeska-kel is. Met nog ’n drie deur Prins Albert was die telling 26-15 en het dinge vir die besoekers goed gelyk.

Collegians wou egter nie besgee nie. Hulle het eers ’n strafdoel behaal. Met die daaropvolgende afskop het hulle uitstekend aangeval. Die span se voor- en agterspelers het die bal goed hanteer waarvoor hulle met ’n verdoelde drie beloon is om die agterstand tot ’n punt te laat krimp.

Hoewel Prins Albert hierna sterk aangeval het, kon hulle nie die verdediging van die tuisspan troef nie.

Toe dit weer Collegians se beurt was om aan te val is ’n strafdrie aan hulle toegeken danksy onhoudbare druk deur agter- en voorspelers. Met die telling 32-26 het hulle die eers­te keer in die wedstryd voorgeloop.

Prins Albert wou egter nie gaan lê nie en is beloon met eers ’n strafdoel en nie lank daarna ’n netjiese skepdoel om die telling weer gelyk te maak met 32-32 elk.

In die laaste minuut het Collegians egter dié wipplankwedstryd beklink met ’n drie wat nie verdoel is nie vir die eindtelling van 37-32.

Vir Collegians het Danovan le Roux, Willem Goliath, Gertwin Jonathan en Grootboom elk ’n drie gedruk. Daar was ook ’n strafdrie.

Prinshane Carolus het met twee doeldskoppe en twee strafskoppe geslaag.
• Collegians B het Prins Albert B met 25-12 ge­klop.

Log in with your credentials

Forgot your details?