Collegians te sterk vir Spring Roses

Saterdag se skolesport tussen Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Montagu.

Foto: Ebenezer Titus

Foto: Ebenezer Titus

Foto: Higgo Jacobs

Foto: Higgo Jacobs

Foto: Ebenezer Titus

Foto: Ebenezer Titus

Foto:  Ebenezer Titus

Foto: Ebenezer Titus

Foto: Ebenezer Titus

Foto: Ebenezer Titus

Foto: Ebenezer Titus

Foto: Ebenezer Titus

COLLEGIANS het Saterdag op die Bridgton Sportgronde (Plate) vir Spring Roses in ’n SWD Presidentsliga wedstryd met 26-10 geklop nadat hulle rustyd reeds met 12-0 voorgeloop het.

Dit was ’n taai stryd met albei spanne wat met die bal gehardloop het, maar Collegians was te sterk, veral voorlangs waar hulle vir Spring Roses telkens etlike meters teruggestoot het.

Dit het meer geleenthede aan Collegians se ag-terlyn gebied. As dit nie vir onnodige hanteerfoute was nie, kon Collegians nog verder gewen het.

Seppie Ekstraal, Collegians se afrigter, het ná die wedstryd gesê hy is tevrede met die spelers se vertoning en is trots op wat hulle vermag het. Hy wou nie ’n Speler van die Wedstryd uitsonder nie.
Die span het met sy oorwinning seker gemaak van ’n plek in die uitspeelwedstryde.

Collegians se drieë is gedruk deur Trompie Campher (heelagter), Shedwick Sauls (losskakel) en Francios Botha (slot). ’n Strafdrie is ook aan Collegians toegeken. Ronaldo Botha, skrumska-kel, het twee drieë verdoel.

• Collegians B het met 29-8 teen Spring Roses B verloor.
• Collegians kom Saterdag in ’n wegwedstryd teen Willing Hearts van Prins Albert te staan.

Be the first to comment on "Collegians te sterk vir Spring Roses"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*