Collegians Rugbyklub vereer sy spelers

Collegians Rugbyklub het Vrydagaand sy spelers vereer tydens die klub se prysuitdeling by die Protea Volksentrumhotel. Die pryswenners is van links Sedwick Sauls (A-spanagterspeler van die Jaar en Mees Toegewyde Speler), Nagel Buys (B-spanagterspeler van die Jaar), Marvin Prinsloo (Mees Toegewyde Speler en Collegians se Sportman van die Jaar), Prinshane Carolus (Beste Opkomende Speler) en Marius Mei (direkteur van afrigting). Foto: Wyndham Ewerts