Collegians klop Beaufort-Wes

Collegians het Saterdag op die Bridgton Sportgronde (Plate) die span van Beaufort-Wes in ’n SWD Presidentsligawedstryd met 33-7 kafgedraf. Die rustydtelling was 12-7.

Collegians het van meet af die span van Beaufort-Wes onder druk geplaas. Goeie samespel tus-sen die voor- en agterspelers het gelei tot ’n on- verdoelde drie deur Arlynn Sylvester (heelagter).

Nie lank daarna het Beaufort-Wes se flank ’n drie gedruk wat verdoel is.

Collegians het daarna weer die skroef stywer gedraai wat gelei het tot ongeoorloofde spel deur hul teenstanders wat die skeidsregter genoop het om ’n strafdrie aan Collegians toe te ken om hulle met 12-7 te laat voorloop teen rustyd.

Hoewel Collegians die tweede helfte traag begin het, het hulle skielik vlam gevat en was dit daarna eenrigtingverkeer.

Ná ’n goeie agterlynbewering het Jason Plaatjies, regtervleuel, 50 meter genael vir ’n puik drie.

Prinshane Carolus, losskakel, het verdoel.

Toe het Plaatjies ná ’n goeie skoppie deur Carolus blitsig opgevolg om die bal voor ’n teenstander se neus toe te val vir sy tweede drie. Carolus het verdoel vir ’n telling van 26-7.

En laastens, met speeltyd verstreke, het Marshall Fortuin, senter, oorgeduik vir die laaste drie van die wedstryd.

Carolus het weer verdoel om die eindtelling op 33-7 te staan te bring.

• Collegians B het Beaufort-Wes B met 40-17 geklop, nadat hulle rustyd 13-10 voorgeloop het.
Collegians se laaste ligawedstryd is op Vrydag, 10 Augustus, op die Plate teen Harlequins.

Log in with your credentials

Forgot your details?