Collegians A-span wen teen Adias A

Angelihano Goliath, agtsteman van Collegians se A-span, breek in Saterdag se SWD Presidentsligawedstryd (Karoostreek) teen Adias A op die Bridgton Sportgronde. Collegians het naelskraap met 34-33 gewen nadat hulle rustyd met 19-16 voor was. Collegians het die wenpunte aangeteken met ’n skepdoel deur sy heelagter, Prishane Carolus, met die eindfluitjie wat net daarna geblaas het. • Collegians B het Adias B met 30-17 geklop om deur te dring na die naweek se kwarteindstryd teen All Blacks B op die Bridgton Sportgronde. Foto: Ebenezer Titus

Log in with your credentials

Forgot your details?