Coetzer SWD se Meestersatleet van die Jaar

Johann Coetzer met sy sertifikate wat SWD Meestersatletiek aan hom toegeken het.

Deur Higgo Jacobs
Johann Coetzer, meestersatleet van Oudtshoorn, is tydens SWD Meestersatletiek se alge-mene jaarvergadering op Dinsdag, 22 Oktober, op George as dié sportvereninging se Atleet van die Jaar aangewys.

Hy het ook vanjaar weer vir SWD-kleure ge­kwalifiseer.

Coetzer het reeds sedert 2009 verskeie SWD- en SA rekords opgestel of verbeter.

Tydens vanjaar se SA Meestersbyeenkoms in Mei op Oudtshoorn was hy die SA kampioen in hoogspring met ’n hoogte van 1,45 meter sowel as in verspring met ’n afstand van 5,16 meter.

• Coetzer het Saterdag in Port Elizabeth aan die Golden Oldies-byeenkoms deelgeneem en in ’n tyd van 29:80 tweede in die 200 meter geëindig. Hy neem in die ouderdomsgroep 60-65 jaar deel.

Log in with your credentials

Forgot your details?