Cobus maak skoonskip

Cobus van der Merwe van die Klein Karoo Duiweklub se duiwe het Saterdag die ope-afdeling en die jaaroudafdeling vanaf Britstown gewen.

Die volledige uitslae in die ope-afdeling is: Van der Merwe – 1, 4, 5, 9, 12, 16, 19 en 20; George Erasmus – 2, 3, 13 en 14; Klein Karoo Lofts – 6, 7, 8 en 11; Otto Lofts- 10 en 17; en Dirk Greeff – 15 en 18.

Jaaroudduiwe: Van der Merwe – 1, 9, 10, 11 en 13; Lofts – 2, 6 en 8; Greeff – 3 en 20; Klein Karoo Lofts – 4, 5, 7, 12, 15, 16 en 17; Hannes Smit – 14; en Erasmus – 18 en 19.