Cobra-triomf op die Rec!

Piedt laat kantel 13 paalties
Dane Piedt, wat 13 paaltjies laat kantel het in die Cape Cobras se wedstryd op die Rec teen die Titans.

TOESKOUERS op die Rec op Oudtshoorn het verlede week vir die draaibalbouler Dane Piedt op sy beste gesien in sy span, die Cape Cobras, se rekordoorwinning oor die Titans in die plaaslike vierdagreeks.

Piedt, wat in 2016 vir die Proteas teen Nieu-Seeland gespeel het, het ’n deurslaggewende rol gespeel in sy span se oorwinning met agt paaltjies oor die Titans deur altesame dertien paaltjies te laat kantel.

Dit was ook Piedt se beste boulontleding in sy loopbaan. Hy het in die eerste beurt ses paaltjies vir 75 lopies laat kantel en in die tweede beurt sewe paaltjies vir 66 lopies.

Die Titans, wat eerste gekolf het, het in hul eerste beurt 275 lopies aangeteken waarop die Cobras met 375 geantwoord het. Die Titans het in hul tweede beurt 151 lopies behaal wat aan Cobras ’n teiken van 52 lopies gelaat het wat hulle behaal het met nog agt paaltjies staande.

Log in with your credentials

Forgot your details?