‘Challenge’ lê weer by De Rust voor!

Bergfietsryers stoot in 2018 hul fietse teen ’n steil steil opdraand uit wat deel vorm van een van die mooi roetes.

Deur Higgo Jacobs
DIE jaarlikse Meiringspoort Challenge vir bergfietsryers en veldwedlopers vind op Saterdag, 25 Mei, in die omgewing van De Rust plaas.

Aanlyninskrywings sluit reeds Maandag, maar voornemende deelnemers kan nog Vrydagnamiddag en Saterdagoggend voor die wegspring inskryf.

Deelnemers kan Vrydag reeds van 17:00 af by die saal van die NG Kerk op De Rust registreer en inskryf. Daar sal ook ’n ete bestaande uit ’n biefstuk, skyfies en slaai te koop wees met ’n poedingtafel en ’n kontantkroeg.

Vure en vrolike musiek sal bydra tot ’n feestelike stemming.

Daar is Saterdagoggend gratis kof-fie, tee en beskuit vir die deelnemers om die koue te verdryf.

Registrasies en laat inskrywings kan nog Saterdag vanaf 06:00 gedoen word voordat die eerste bergfietsren oor 61,5 km om 07:30 langs die kerksaal wegspring.

Dit is volgens die organiseerders bedoel vir die meer ervare bergfiets-ryers wat na ’n uitdaging soek. Dié sirkelroete lei verby die Stompdriftdam. Die bergfietsren oor 31 km be-gin om 07:50 en die 19,5 km-ren om 08:10. Al die roetes begin en eindig by die kerksaal. Daar is ook waterpunte langs al die roetes.

Daar is twee interessante veldwedlope om van te kies. Deelnemers aan die 20 km-wedloop spring om 07:40 weg en dié aan die 9,5 km om 08:00.

Die eerste Meiringspoort Challenge is in 2014 aangebied toe slegs 100 deelnemers die veldwedlope afgelê het. Intussen het die orga-niseerders die bergfietsrenne ook bygevoeg en alle aanduidings is dat dit baie gewild is.

Vir diegene wat nie deelneem nie, is daar nog die natuurskoon en gas-vryheid van die mense van De Rust om te geniet. Verrigtinge in die kerksaal begin reeds Saterdag vroegog-gend wanneer koffie, pannekoek en ’n verskeidenheid kossoorte te koop aangebied sal word. Die gewilde vleistafel waar onder meer karoolam en boerewors te koop is, word ge-woonlik leeg gekoop.

Die prysuitdeling is om 11:30.

Vir meer inligting oor die veldwedlope kan Pieter Schoeman ge-kontak word by 082 377 0547 en oor die bergfietsrenne Henkie du Plessis by 082 396 4094.

Vir inligting oor die roetes besoek meiringspoortchallenge@gmail.com.