Buys 1ste met 1ste poging

Deur Garnett Wicomb
MILTON BUYS was Saterdag met sy eerste deelname aan ’n Parkrun in 19 min 45 sek eerste oor die eindstreep van Oudtshoorn se 223ste Parkrun by Surval Olyflandgoed. Die Oudtshoorn Parkrun vind elke Saterdagoggend by Surval plaas.

Yaron Venter is ’n sekonde ná hom oor die eindstreep. Johan Engelbrecht (20:35) was derde.
Bianca van der Westhuizen (23:11) wat algeheel agtste was, was weer die eerste vrou oor die eindstreep. Rozanne Theart (23:58) was die tweede vrou en Laetitia Wolmarans (26:32) derde.

William van Tonder (14) was in 21:19 die eerste junior. Hy was algeheel vyfde.

Die ander voorste deelnemers was Patrick Peters (20:48), Sphiwa Nzuza (21:29), Melvin Lukas (21:42), Newald Groenewald (23:15), Christo Theart (23:30), Nathan Gray (24:51), Henry Carstens (25:49), Rudolph Clench (26:01), Rogan Meyer (26:05), Fanie Olivier (26:27), Kerneels Barnardo (26:59), Albertus Kennedy (27:15) en Conrad Jullies (27:20).

Log in with your credentials

Forgot your details?