Bridgton verloor weer

Wayne Julies, flank van Bridgton, wat puik gespeel het, op pad doellyn toe.  			  Foto: Ebenezer Titus

Wayne Julies, flank van Bridgton, wat puik gespeel het, op pad doellyn toe. Foto: Ebenezer Titus

Deur Wyndham Ewerts
DIE Bridgton Rugbyklub se A-span het Saterdag sy SWD Premierliga- wedstryd op die Bridgton Sportgronde met 26-29  teen Crusaders A van George verloor ondanks die feit dat hulle die wedstryd oorheers het.
Die wedstryd op die Bridgton Sportgronde was die soveelste een dié seisoen wat die maroentruie in die doodsnikke verloor het.
JP Duvenhage, senter, het die wed-stryd se eerste punte aangeteken met ’n strafdoel. Crusaders se flank, Wayne Claassen, het net daarna ge-antwoord met ’n onverdoelde drie.

Laat in tweede helfde het Bridgton ’n stewige voorsprong opgebou toe  Bradwin Wanies (vleuel) en Lee- Marco Pietersen (plaasvervangersenter) elkeen ’n drie gedruk het.  Gino van Vuuren, losskakel, het albei doelskoppe gemis.

Ná rustyd, met die telling op 13-5, het Van Vuuren ’n strafdoel behaal, wat die middag sy enigste sukses-volle skoppoging pale toe was.

Crusaders het daarna wakker ge-skrik toe Aden Wessou, slot, as’t ware deur Bridgton se agterlyn ge-wals het om te gaan druk. Henry Vollerie, losskakel, het verdoel.

Vollerie het dit opgevolg met ’n strafdoel om Crusaders met 19-16 te laat voorloop.

Bridgton het egter teruggeslaan met twee onverdoelde drieë deur Wayne Julies, flank, en Llyle Metem-bo, plaasvervangervleuel, om Bridgton met 26-19 te laat voorloop.

In dié wipplankwedstryd het   Llyle Delo, Crusaders se kaptein en stut, met brute krag deurgebars vir ’n drie wat deur Vollerrie verdoel is.

Met die wedstryd gelykop en en-kele minute se speeltyd oor is ’n starfskop binne trefafstand aan Bridgton toegeken, maar het Van ­Vuuren die kans verbrou om sy span weer voor te laat loop.

In bykomende tyd het Vollerrie, wat beslis sy skopskoen aangehad het, die wedstryd vir Crusaders ge-wen met ’n moeilike strafskop van die kantlyn af.

• Bridgton B het met 36-19 gewen. Die span se drieë is deur Cherdeon Fillies (heelagter), Llyle Metambo (vleuel), LG Waarts (agtsteman), Romano Ewerts (slot) en Altheano Matolla (haker) gedruk. Thiron Stoffels (skrumskakel) was in die kol met vier doelskoppe en een strafskop.

• Bridgton C het met 27-3 gewen met twee drieë deur Lee Henry Meyer (binnesenter) en een elk deur Niel Daniels (buitesenter) en Malusi Khumalo (plaasvervangervleuel).

Gaylon Piedt (losskakel) het twee doelskoppe en ’n strafdoel behaal.

Be the first to comment on "Bridgton verloor weer"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*